keratien
op my voete, waar die gewig rus,
my tone se naels, droog en broos,
soos breekbare plate, breek maklik los
as ek hulle nie met liefde versorg nie
hul keratien, soms pienk of geel gekleur,
krummel en val, soos somertrane lank;
maar wanneer hulle gesond is, o so mooi
ek stap, om ‘n rots, sonder enige vrees
hul stadige groei, herinner my
aan verloop van tyd, lewe se krag;
soos ‘n matriks, waar dinge gebore word
en sterf, vertel my toonnaels my storie
oorerflike tone, sorg met liefde vir hulle,
want hulle is deel van jou, en my vreugde
© Tearlach.
toonnael: Harde stukkie keratien aan die einde van ‘n toon.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.