net see
Jy is die see wat die aarde regeer Jou wit Metusalah baard breek oor jou klipperige bors Jy’s dors want jou sout versadig nie In jou onrus straf groei geen drome sonder slaap Is dit lekker om die see te wees? Te vat wat jy wil op jou eie ritme? Om met die maan te […]
Liefde nie in grysheid vergeet (Silwer)
ons hande is beaard met wysheid en ons hoof ʼn stralekrans van grysheid maar ons woorde is sag met dankbaarheid met die besef van ons verganklikheid hierdie dag ʼn veraltyd, jul weet want kosbaarheid ken geen leed, jul hemelse meetsnoere is gemeet want jul Abba Vader het geweet ʼn sagte hart baar liefde […]
Onpeilbare wisselwerking (brons)
Dink ons ooit daaraan dat die dieptes van harmonie en louter liefde uit die wese van God die grondslag van die skepping was? En besef ons net so helder dat Hy die broos komplekse mens as Sy vennoot gekies het om dit alles te koester? Weeg ons die waarheid wel genoeg dat sonder die vryheid […]
STRANDLOPER
STRANDLOPER Geskryf deur Fanus Strydom 1532 woorde Ek sien die man ʼn entjie voor my langs die water se skuimlyn aangestap kom. Behalwe onstwee is die strand verlate. Tóg sien en hoor ek lewe oral om my. ʼn Groepie meeue kras lui-lui bo my kop verby op die ligte oggendbries. Voor my voete skarrel […]
SPITSVERKEER
SPITSVERKEER ÉÉN SPITSVERKEER WAT DIE VERLOOP VAN MY LEWE VERANDER HET Op 13 April 1954 het ek soos ‘n wafferse sopraan my koms in die wêreld aangekondig. Ma het my beskermend en liefdevol in ‘n kombersie toegedraai, en saam het ons in my trotse pa se ou moutorjie huistoe gery. Pa was agter die wiel, […]
DIE ROOFDIERE IN ONS SAMELEWING
As ‘n mens dink aan roofdiere dan dwaal jou gedagtes stroomop tot by hiënas, wilde honde en alles wat vleisvretend in die veld kan wees. As ek jou vertel dat mense mak geraak het in die natuur sal jy my ook glo al het sekere insidente nie goed afgeloop nie. Mense vergeet gou dat ‘n […]
Lewensfilosofie
Tik … tok … tik … tok … draai die aarde om sy wentelbaan; non-stop die een jaar vloei in die ander brander na brander terwyl ons leef en streef roof en kloof besin en beding onbewus van waar die einde is of waar die ware begin ©Driekie Grobler (2023)
‘n Wolf in skaapsgewaad
Woorde vs werke – ‘n Wolf in skaapsgewaad Jy met die Bybel onder jou arm maar met inhaligheid in jou beursie voor die kaggel sit jy warm maar vir stink armoede lig jy jou pikante neusie. Jy spreek van geduld en omgee maar gun die gewone man nie sy plek voor mense wandel jy heilige […]
Verwarring in die nes
Verwarring in die nes Frustrasie lê sy eiers diep in emosie se nes dit klou soos ‘n dodelike pes waarom is dit so moeilik om saam te werk so kan die een die ander tog versterk maar nee, elkeen wil sy eie beuel blaas elkeen sit op sy eie miernes en raas verdeeldheid word uitgebroei […]
Blinkoog heimwee
Blinkoog heimwee Druppels streep spoortjies oor my wange as my hart huil van verlange ek mis jou my glimlag kind my borrel babbel blinkoog kind jou laataand bel om my van alles en nog wat te vertel ek mis jou my glimlag kind my borrel babbel blinkoog kind jou vroeë oggend wakkermaakbedspring as jy warm […]