Te veel eindes
daar is net te veel eindes aan die afloop van ‘n tog te veel eras wat in flikkering vervaag dis ‘n skreiende verdelgende versmoring van talent waar die logos se beskutting ontbloot staan in die wind deur die skeure van ‘n moëe en deurleefde aardse tent daar’s net te veel gedagtes in die serebellum lob […]
Tyd is geld
Brons 1198 woorde Hermien kom opgewonde by die kombuisdeur ingebars. “Mamma!! Ek is gekies!” Magdel draai verskrik om van die stoof waar sy besig is met aandete. “Stadig nou! Waarvan praat jy? Middag my kind”. “Hello ma, skuus ma, maar ma, ek is gekies! Ek gaan Juliet speel in die skool se […]
soet en suur
jou sagte blanke vel gesuiwer met karringmelk trek ooglik aandag met rosigheid op jou wange wat effens gloei soos witperskewang kerf jou glimlag jou emosie uit op veelseggende gemoedstoestand wat sigbaar soet of suur wys hoe sou ek kon weet dat jou skoonheidsgeheim na soveel eeue uit Indië, Egipte of Mesopotamië kon kom © Tearlach. […]
See gesig #silwer
See gesig Donkerblou plooie dartel oor ‘n blou-groen hoof ‘n kaneel gekorrelde kroon glinster met splinter skulp pêrel gevlerkte krale versier mocha bruin wenkbroue skerp koffiebruin oë knipoog met sagte spatsel sproei potblou lippe styf gespan oor gekreukelde kake in spierwit kant afgerond rookwalm wolkies warrel in die wind. Liggaam, siel en gees gevoed met […]
Trapsuutjie tyd #silwer
Trapsuutjie tyd Tyd trapsuutjie ritmies om en om, soos skadu’s van die son skuifel van oos na wes – tyd laat hom nie keer of beheer nie. Tyd transformeer gly van gloed na grys, holderstebolder in homosapiens se hand, in grou of geluk gevou. Tyd trippel-trap in Afrika en Londen tyd – pole van ‘n […]
Om te wag vir tyd
Deur soek-soek te ry, het jy daarop afgekom. Weggesteek in ‘n half industriële gebied, tussen ‘n paar ou huise, het die onverwagse helder kersfees-liggies jou in die donker verwelkom. By die klein restaurantjie het ‘n Italiaanse gesin jou hartlik binnegenooi en ‘n bordjie met ‘n paar snye brood voor jou neergesit. Komende uit ‘n familie […]
Gwe en Kaggen – Die Stryd om die Tyd (’n Boesman-mite uit die Kalahari, oor lig, trots en die kringloop van tydskadu’s en balans)
In die dae toe die wind nog die Kalahari se geheime gefluister het, het ’n wyse ou Boesman met die naam Gwe, alleen onder ’n reuse ou kameeldoringboom gesit. Die naam Gwe, beteken ‘die een wat terugkeer’. Gwe het die maan verteenwoordig. Kaggen, die bedrieër-god wat in die gedaantes van ’n verkleurmannetjie, ystervark, mantis, slang […]
DIE FENOMENOLOGIE VAN SKADU’S VAN DIE TYDSPOOR BINNE DIE GEMEENSKAP VAN DIE KALAHARI-SAN
Binne die leefwêreld van die Kalahari-San is tyd nie iets lineêr of abstrak nie, maar ’n beliggaamde ervaring, geanker in grond, klip, rituele, mites en storievertelling. Skadu’s van die tydspoor verwys na die onsigbare, maar sigbaar-makende teenwoordigheid van ervarings, herinneringe en trauma wat aan mense en plekke kleef. Hierdie artikel is ’n kursoriese oorsig van […]