Jy lees my soos ñ boek
Jy lees my soos ‘n boek Elke lewe.het sy eie verhaal. Van skande en skaam tot goeie goed, en iewers ‘n mooi onthou. Stories loop sonder voete, gly op ander se tonge, maar die ware storie bestaan soms nie eens.in boeke nie. Jy wat my ken, lees my hart soos ‘n boek. Sonder letters vertel […]
Daisies spesiaal vir jou
Daisies, spesiaal vir jou Elke liewe dag is jy saam met my. Deel in my lig en donker. Jou lippe bly gesnoer as dit kom by dinge van die hart. Saam bou ons ‘n lewe, dag vir dag. Sonder om te kla of te haat, is jy daar. Vir jou sou ek blomme koop tot […]
Son en sy blom
Son en sy blom Klippe bak, die son trek water. Bloed sweet, hitte bak hier op ‘n stukkie aarde, heel verlate. Kaktus groei hier tussen dorre land en woeste klip. Reën het hier die aarde vergeet. So ‘n paar tree verder, tot net agter die koppies, daar waar dit soms so ‘n bietjie dou, kyk […]
uniform
dra jy vandag se uniform om ongelykhede te egaliseer omdat dit die regte ding is om te doen om te streef na gelykhede vir almal is om basiese skeppings realiteite te ontken en te misken ja almal is gelyk onder die menslike reg maar is ons almal gelyk is ons almal gebore met dieselfde […]
in ons hande (Goud)
sy papa noem hom Rolihlahla met sy eerste asem wat beteken: om aan ’n boomtak te trek of moeilikheidmaker dalk moes juis sy hand aan onreg se takke kom trek tot diepgewortelde wette kraak vir nuwe uitsigte op Robbeneiland word mens gereduseer tot 46664 agtien jaar klots koue Atlantiese waters teen rotse onder genadelose […]
kon – teks
kon dinge maar anders wees dan sou ons vandag ook anders wees weeskinders van ons ouers nou ontslape wese van ’n stukkend bestaan wat spoedig vergaan alle groot wêreld ryke het na hul bloeitydperk platgeval by ons was ons nie een ’n wêreldryk nie – slegs ’n streek hoe het die helde geval, vra […]
Mode in die bos
Mode in die bos Elke môre vroeg loop die meisie van ‘n ander plaas. Waarheen haar reis, sal sy alleen bepaal. Groot rooi hoed, kort groen rok, lappies tekkies en ‘n groot wit sonbril. Donkerbruin beentjies, amper swart, met ‘n gesiggie wit geplak. Een of ander stasie blêr oor haar skouer deur die handradio. Party […]
Vonk in die kruitvat
die vonk is in die kruitvat die kruitvat is volgelaai daardie laaste druppel wat die emmer laat oorloop is soos olie op die vuur tussen plaaspaaie en brandstroke word die vuur van alle kante gestook telkens val daar een pilaar wat krake toon boer en sakeman word uitgetart word grensloos vervolg en […]