Stilte van ñ vreemde
Stilte van ’n vreemde Donker swartgrys wolke hang om jou kop. Jou oë donker, sonder gevoel. Harte maak oop, hulle nooi jou in. ’n Gevoel tussen verwaand en arrogant stap saam met jou in, soos die reuk van skerp parfuum. Hande steek uit om jou te verwelkom, maar jy klap dit weg. […]
Die stasie waar omgee stop
Die stasie waar omgee stop Die roete is lank na vertroue, maar eers moet die trein by stasie Eerlikheid gaan stop. Die trein moet vertoef, daar naby die draai van Herkenning. Die kondukteur neem kaartjies in, maar baie probeer inglip sonder om die prys te wil betaal. Mooi broodjies is gebak, reg […]
Villa Octavia
Villa Octavia Brons Ek was nog altyd een vir vaste grond onder my voete, vir rondkrap in die tuin en vir oor-die-muur kuiertjies met die buurman. Daardie om-die-blok wandeling met my hondekinders en die jaarlikse bring-en-braai straatbraai. Om nie eers te praat van die braai in my eie lapa nie. Maar dit het skielik, feitlik […]
mega en mikro
soms is jy die magtige weskus-see die mega-mens van branders en sout met ‘n stem wat die stilte breek soos golwe teen rots jou drome is wyd, ongetem en uitermate groot soos die suidwesterwind wat die duine verskuif ’n reus wat die lewe heeltyd wil uitdaag en in jou ontembare, lewenskragtige loop is […]
Wanneer die hemel seën
Wanneer die Hemel seën Geel gras breek onder my voete, die damme leeg, diere smeek. Ek hoor die gebed van oom Habakuk — die kampe, die wingerde. Hitte bou op, bome hang, selfs die blomme hier en daar se koppe hang. Donker wolke kom hang oor my. Asseblief, Here, gaan ons […]
Land van goud
Land van goud Goue koringlande lê voor hom uit. Die boer stap deur sy land. Kyk hoe springkane en koringkrieke hulself kom help. Wanneer die einde van sy spore op hierdie land sou kom, begin sy nuwe goue lande in sy Hemelhuis. Daar waar geen pes sy vrede kan wegdryf nie. In […]
Jou hart speel wegkruipertjie
Jou hart speel wegkruipertjie Aan my hart het ek beloof, niemand sal jou ooit weer van liefde kom roof. Stil kom stap jy in my lewe in. Jou donker oë het reeds my vrese raakgesien. Op jou manier neem jy my hart, dit voel soos ’n Spaanse dans. Tog, toe ek […]
Liefdesbrief van die plaas
Liefdesbrief van die plaas Ek soek na jou soos ’n windpomp soek na wind. Ek vra jou mooi, soos gras vir die reën, om ’n bietjie van jou hart vir my te leen. Soos elke dier hier op die plaas met hul maat, soek ek soms net ook ’n asem wat langs […]
Dit was toe jy wat die boer kom vang
Dit was toe jy wat die boer kom vang Ek onthou jou van jare terug. Ek was tien, jy al twaalf. In die tuin het ons gekamp, jou lappop was ook saam. Sy het op my groen fiets gesit. Jy was nogal skaam, ek was ook. Bloos, bloos het ons broodjies gemaak, […]
Die Volmaakte Alibi (1236 woorde)
Vir presies twee-en-vyftig weke lank was Clara se lewe ‘n fyn beplande meesterstuk van melodrama. Elke Dinsdagmiddag om drieuur het sy na ‘n spesifieke gebou gery vir ‘n baie spesifieke rede. Terwyl die hysbak bome en motors in klein speelgoed verander het, het sy haar oë kunstig rooi gevryf. Teen die tyd dat sy dr. […]