Kougom in die hare
Kougom in die hare Hierdie lewe wil gekou wees. Soms met smaak en soms reeds verby die smaak. Soms klou ons vas aan wat eens was, bly kou asof die lekker smaak weer sou kom. Dan is daar dié wat net nie wil laat gaan, en klou aan gister soos môre se bestaan. Streef op […]
Bitter Bessie
Bitter Bessie Wanneer sal jou dag tog breek, waar die donker jou in vrede sal kan los? Iewers het almal uit iets gegroei en ‘n soete vrug gedra. Waarom het jy gegroei daar waar bitterheid jou lewe moet bepaal? ©️ Ryno du Plessis 2026
beroemd – berug – ontvrug
vermaard is jy wat praat befaamd van noord na suid van oos tot wes bekend vertroud is jy wat skryf beroemd is jou woordetal rugbaar jou sienswyse van begin tot jou einde raak alles wat berug kan wees deel van jou woordgeraas eiegeregtig jou taal ontvrug van alle akkolade gesing […]
Verhouding
enige samesyn of verhouding slaag net wanneer mense teenoor mekaar optree in vertroue en geloof geloof wat nie noodwendig afhang van prestasies of gevoelens maar eerder die vertroue en aanvaarding soos iets wat ’n gratis geskenk van God is nie iets wat jy kan verdien nie – maar ’n bewustelike keuse om te […]
voete in die stof (Goud)
voete in die stof my voete het oor die jare baie paaie geloop, van my eerste treë in Upington tot in Suidwes se stof; ons ses kinders se voetspore het ons huis gevul, langs my het my skoolliefde se hand myne vasgehou met my Canon het ek die mooi in oomblikke vasgelê, met […]
Ander dam se eend
Ander dam se eend Son lag en leef, is al wat my boerehart begeer. Ietsie oor die kole en ‘n groot kampvuur, waar die nag sy stories kom vertel. Die natuur wat om my gesels en wys: daar bestaan ‘n Groter Een as die mens. Trouring en ‘n groot gesin is gemaak vir ander om […]
Plekkie in my hart
Plekkie in my hart Vir jou maak ek elke kamer reg en skoon. My gister is weggegooi, en my môre behoort net aan ons. Los jou tas en bagasie buite. Hier binne is net genoeg plek vir jou en ons droom. Trek uit jou hakke, maak los jou hare. Hierdie is ‘n plek van geluk, […]
Kraal
klipkraal van my verlede oeroue uitsoek-en-pak bouwerke beeskraal, skaapkraal en soms stamkraal klippe het hoekstene geword van my onthou oudmodiese veekraal-klippe het fondasie geword van nuwe plaashuis en geboue en ’n goeie drein kraal het so ’n diep verlede in my huistaal dit broei in gedagtes en drome so ryk solank jy in […]