Nuwe begin
Brons gradering (nuwe lid) Woordetal: 996 woorde Prosa; Nuwe begin Die eerste Saterdag van elke maand is spesiaal vir ons gesin. Op hierdie dag, elke maand, voed ons die sluimerende reisiger binne ons, en word storielyne uit reise na verre lande in ons verbeelding geskep. Vroeg uit die vere maak ma die lekkerste kondensmelk koffie […]
saalsak, meelsak en appeleenoog
in die mond van kinders is julle name vervorm dog jul wonderwerk saam met God het in hul harte bly staan waar ander direk verbrand het is jul drie gered deur jul Hemelse Vader in persoon, in volle heerlikheid was Hy daar Nebukadnezar se drif en drang vernietig sy dekreet dat daar net […]
so so
vraende oë soms eerlik bekommerd hoe gaan dit vandag met jou diepdenkend of sommer lukraak kom die antwoorde – so so of ok min opvolgende vrae – dalk onge-erg of outomaties sosiale doen wat reg is mens moet mos darem vra so so is een anomalie wat min oordra afwykende antwoord eiekennige stilwees […]
Die huis waar stilte woon – silwer
Jare lank het lag deur dié kamers gespoel soos lig deur oop gordyne op ’n somersoggend. Dit het vrylik beweeg, sonder vrees om vasgevang te word. Kinderstemme het teen die mure gebons en in die plafonne vasgesteek. Elke kamer het sy eie eggo gehad en sy eie warmte. Daar was geselsies oor oggendkoffie wat lank […]
Die blomtuin wag #silwer
Die blomtuin wag ‘n Jaar, toegedraai in ‘n papie, het die lewensloop haar rusplek gevind. In stille antisipasie wag sy met grasie. Met brose dapperheid beur sy deur, versigtig, geduldig, sprei sy haar vlerke in die ontwaking van ‘n nuwe blomtuin. Op die wieke van die wind dra sy haar pakkie stuifmeel, sprei sy liefde […]
kloof
daardie kloof van kindsbeen af daarin opgestap eers saam met pa later self geklim en geklim tot ver bo sterre Maan daar bekyk eerste Sputnik gesien wentelinge van Venus en Jupitor gevolg saam met Orion met sy uitdagende swaard droë kloof behalwe met hewige reën dan het die druising van water, klippe en […]
hele
lewe in liefde met jou hele siel met jou hele hart met jou hele verstand naasteliefde in geloof gee sonder verwagting ontvang met dank wees gereed om uitgebuit te word want gee jy vir die menigte sal iemand jou wil beroof naasteliefde begin tuis die Skepper sorg vir die swaeltjies hoekom sal Hy […]
Nuwe mens
Kyk, ek maak alles nuut, sê Hy en spoedig gaan die ou dinge verby. Alles Heer? Ook my gebroke hart? Sien U my pyn, my smart? My sondeskuld wat ek dra? Alles! Ek maak alles nuut ‘n Nuwe hart en nuwe gees as jy My net toelaat om jou nuutmaker te wees. Dan kniel ek […]
Stefan se konfytwinkel
Stefan se konfytwinkel Brons 890 woorde Toe die kis in die grond afgesak word, raak dit eers vir Stefan ‘n werklikheid en toe hy heelwat later die begraafplaas verlaat, staan hy verslae, eenkant buite – alleen. Die eerste maal in ‘n lang tyd is hy werklik alleen. Hy ry nie dadelik huis toe nie, want […]