Jongste aktiwiteit:

My gebede(m)uur

Iewers in die verre
Jerusalem staan ek
gesluierd (ook denkbeeldig)
op kreukel-knieë
biddend voor hierdie
ó so vreemde
gebedemuur.

Gebedsnotas orals in
gebarste stene gedruk,
hartsbedes van suiwer
geluk, maar ook trane
uit die wese geruk
wat die muur as
verskuilde graffiti versier.

Smekend om te mag lewe
na die heilige gebod, liefde
tot my naaste
en my Almagtige God.

Ware ligfakkel in
elke donker uur. Dis
die rede vir my
lewensduur.

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed