Wolfgang Amadeus
WOLFGANG AMADEUS
Toe Mozart reeds ‘n volwassene was, soek ‘n musiekstudent hom na ‘n opvoering uit.
.
„Meester,” sê hy eerbiedig, „u het al met vier jare begin om viool te speel, met nege jare het u begin komponeer, met twaalf u eerste opera geskryf en tot nou toe het u seker al oor die vierhonderd stukke van verskeie aard geskryf. Wat moet ek doen om dit te bereik?”
„Ja,” sê die meester, bereid om jong mense te help, „as u musiek wil komponeer, moet u die instrumente kan speel waarvoor u wil komponeer. u Moet dus in die simfonieorkes in u stad onderrig neem by die eerste speler in alle instrumente, minstens ‘n jaar, tot u dit beheers. Natuurlik moet u kan dirigeer, en dit leer u by professor Beauchamps aan die Conservatoire de Paris, agt semesters*. Die Bachse literatuur moet u natuurlik in- en uitwendig ken; daarvoor gaan u vir twaalf semesters na Leipzig om by sy opvolger in die Thomaskerk te studeer. Kontrapunt en harmonie agt semesters aan die Conservattore della Musica in Milano by professor Pavarotti. Humor in die musiek, minstens drie seisoene by kollega Haydn senior aan die hof in Eisenstadt as hy tyd het. Daartoe minstens vier semesters musiekdrama aan die konservatorium in Sankt Petersburg by professor Moussagolski, en terwyl u in Rusland is, drie seisoene ballet by Madame Zirimagskaja aan die Bolsjoi. Sing leer u liefs in Engeland. Kollega Händel sal u die kontak verskaf tot die beste sangers in u toonlaag. Om te leer dig, gaan u na Göttingen, waar die taal suiwer en dialekvry is, na professor Uhlenbusch aan die universiteit. Hy het ook assistente wat in die verskillende dialekte gekonfyt is. Ek sou sê agt semesters, ses vir die grondlaag en twee vir die dialekverfynering. Wat tale betref, moet u in elke land waar u vertoef onvermydekik aan ‘n taalkursus deelneem. Die volgorde is nie so belangrik nie, buiten dat absolute kennis van Bach bo-aan die lys moet staan…” En baie meer tot in die kleinste, fynste besonderhede, wat ‘n kompomnis so moet weet…
„Maar, Meester!” onderbreek hom die student, „soos u dit uiteensit, sal ek al tagtig jare oud wees voor ek kan begin komponeer. Dit alles het u nie gedoen nie.”
„Ja, maar ek het niemand gevra nie.”
7e. Januarie 2017
* Aan europese universiteite word die studietyd in semesters, halfjare afgemeet.
[Uit die woud aan staaltjies en legendes wat om beroemdes hoogrank. Kopiereg slegs op hierdie weergawe.]
©.2014…………………………………………….♪♫♪………………………………………………….tje
2 Kommentare
-

neels
baie leersaam Toom. Het ook jou rensensies geniet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dit baie geniet, Toom. So is dit tog dat, benewens talent, baie toewyding ook nodig is om 'n sukses van enigiets te maak. Baie goed geskryf :-)