Jou dade het die Woord opnuut vertaal
toe alles woes en leeg was
het jou wese in die takke
van die boom van
kennis van goed en kwaad
(daar waar die Gerubs waak)
gaan lê
jou liefde vir my geoffer
in heilige offerbakke met die
geur van jasmyn en kleur
van die mooiste robyn
in die vloed van jou oë het
jy die see vir my oopgeskeur
my gedra op die vlerke
van ‘n spierwit duif
in teerheid vul jy my
met die soetheid van
manna en ‘n dagoud kwartel
soos n goeie herder
gee jy aan my rus
van vermoeienis
as my mure val soos die
van Jerigo en jy
jy my met ‘n rooi koord
van verkrummeling red
daar waar jy vir my
wysheid tempels bou
in teerheid my met brood
en wyn bedien loop my beker oor
op die Golgotaheuwels
van menswees het jy die kruis
staangemaak met die opskrif
vir almal om te lees
my mannin – my Eva
en het jou dade die Woord
opnuut vertaal
© Anzé Bezuidenhout
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
LadySoul
Uitstekend en vreeslik mooi!