Jy vang my hart
Ek staan verwaaid
deur die lewe se woestynkorrels
en tango met die herfswind
Herfswind tango
deur die lyne in jou oë
Herfswind ballroom
as jou hart nie myne kan glo
Herfswind cha-cha
as my kop te veel oor jou dink
Herfswind slowdance
alleen in die straatlig wat blink
En hoe kan ek nou luister
na jou weg, verlate fluister
wat dwaal op die grondpaaie in my kop
jy bly die spook wat wandel
3 Kommentare
-

Elroux
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen! Kan jy asb net al die inligting wat SA Vryskutskrywer in die kompetisie reëls gevra het so gou as moontlik vir my per e-pos stuur by skryfafrikaans@ink.org.za