Vergifnis
geknak deur eie dade
maar nie gebreek
staan ek naak
op my knieë
smeek ek om vergifnis…
7×77 keer
op Golgota
breek die ewige lig vir my deur
ek verstaan
weet verseker
U liefde is vir my genoeg
genoeg
onverdiend
te veel!
in my somer
in my winter
is daar hoop –
wat nie beskaam
deur genade o so groot
het ek die seker wete
jubel dit in my
daar is vir my ook weer ‘n oor-begin
in die kruis se skadu
kan ek voluit leef
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.