Te Besig?
Vlugtig is die tyd van die wesens,
tydloos die prys vir hulle lewens;
klein is die wêreld en kort die besoek,
groot is die heelal en lank die gesoek.
Souterige soene, waardige woorde,
te laat om te eer met valse woorde;
gister het gegaan, vandag het gekom,
more sal hulle weer bymekaar uitkom.
Tot die dag kom, vergeet oorneem,
om hulle van mekaar te vervreem;
gedagtes en foto’s van vergane dae,
dis wat oorgebly het vir die geheue.
29/07/2017 © C. du Plessis
Aan Tony Basson wat (10-08-1968 – 28-07-2017)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
die woorde vou so om my vandag - so magtelose hunkering om net nog so bietjie van jou geliefdes te mag kry...maar jy weet jy kan nie