ouman se skaap
soos kalkoen in die gras
lê ou jonas op sy matras
voor wei ouman se skape
jonas wil eers klaar gape
oor rant kom ouman te-perd
gallop met ‘n waaiende stert
vier sit ouman ben penorent
tel hy skape en kry die prent
jonas hoor te laat en laat vat
ouman swaai kort peits se lat
jonas koes-val nes ‘n vlakhaas
draai om – kyk skoon verbaas
vredig wei skape oor die veld
ieder stoppel getoets en gekou
saggies kyk hul na jonas getrou
wat aanstap met sy stok en belt
vanaand braai jonas weer vleis
saam met poetoe wat vrou maak
bietjie marog en koffie aan haak
genoeg vir wat môre mag vereis
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.