My masker
Agter my masker
kreun die donker
verlate
deur haat
verniel
swart die nag
van maan en
sterre gestroop
eens gevul
met liefde en hoop
waar geluk eens
uit my oë gestraal het
nóu donker leemtes
geteister deur verwyte
my hart
my siel betaal het
swart is my hart
die masker wat ek dra
dwalend
soekend
vergeefs
na ware liefde vra
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.