Jongste aktiwiteit:

Moederland

O land van my geboorte –
my voete is geanker aan jou grond.
My vingers is verstrengel in jou gras;
my gees dwaal oor jou vlaktes rond.
My siel –
my siel sit in jou klowe
en binne skeure
in jou berge vas.

Ek hunker ewig na jou son,
jou blou-blou hemel
en na jou wolke wat bo kranse wit.
Jou riviere, see en strande –
dit neem my wese in besit.
Jou maan en sterrehemel
trek my aan (soos ‘n magneet)
en waar ek ook al heen mag gaan –
ek sal jou nímmernooit
vergeet.

O land van my geboorte –
my hart sal altyd in jou glo;
in jou savannes en jou bosvelde,
in jou Kaap, jou Kalahari
en óók
in jou Karoo.

*

Geboorteland –
vandat die skemer oor jou daal
tot die rooidag eendag vir jou breek;
aan jou suiderkruis sal ek bly dra
al voel dit soms
(net soms)
of jy so bitter báie
van my vra.

© Carma Shaw




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak