HERE MAAK MY SAG
HERE MAAK MY SAG
Maak my nederig en sag
dat my innerlike weer kan lag
Here U is my eerste liefde
met warm tere liefde
Here hier diep in my hart
vergeet ek van al my smart
met sondes wat my tart
dan val ek baie hard
Here U het my hart versag
dat ek na U liefde kan smag
in die skadu van die nag
Bid ek vir innerlike krag
©Eleen van Deventer Vorster
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 - Paasfees projek