aandlied
wanneer dit saans tyd word
my siel om huis toe te keer
dan swiep hy vir oulaas neer
wyl golf en strand nag word
kransduiwe raak stil in neste
tortels vertel hul laaste storie
wolke verkleur in laaste glorie
uil vertrek en soek rot-peste
saggies kom melodie van nag
verkyk aan laaste lig se prag
terwyl momentum sinchronie
my uitdra uit dag se simfonie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.