Jongste aktiwiteit:

Mevrou Noag

Vanaand kook jy!
Ek is op, gedaan…
sou nooit kon dink dat dit met my
so swaar op hierdie reis sou gaan nie.

My kop draai van die lawaai
wat nooit stil word of selfs sagter
en met die skoonmaak van die plek
is ek sewe weke agter.

Vra ek jou nou, Noag:
Hoe gaan hierdie leeus ooit leer
dat die bokke nie vir eet is?
Dat alle vleis vir veertig dae
vir hulle vir vergeet is?

En ek dink die koei is seesiek
haar melk is suur, sy’s naar…
en beide olifant het engtevrees
-hul wil nie verder vaar.
Die boorwurms hou aan vreet
aan die ark se linker hoek
en een van die twee vlooie
is wrintiewaar weer soek…

O liewe aade, nee…
Ek gaan lê.
Kom roep my maar vir eet,
maar nou, vir `n klein, klein rukkie,
wil ek net van al die arkdrama vergeet.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed