aan die voete van my godin (Opdrag 6)
in die onskuld van jou oë
waar die dae soos bloeisels
onder jou voete dans
daar is jy met roesbruinhare,
geskape in die pêrel van ʼn volmaakte gister
deur die katedrale van Floraans
eggo die Primavera en Madonna se kleure in melankolie
waar die soektog na roem
met die wind verdwyn
tog sal ek jou, my liefdesgodin
deur die eeue heen vind
waar jy saam met die land en die see
onder die Oggendster dans
© Ryno Rossouw
2 Kommentare
-

Elroux
Lieflike gedig Ryno
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Mooi verwoord Ryno!