Jongste aktiwiteit:

Vier Seisoene vrou

“somer en herfs en winter trek in wye
onafgebroke wisseling deur die land,
maar sy bly draer van die lente want
liefde het haar verhef bo die getye”

in die glinster van vroegoggend odu
lê die blink van my trane gedruppel
vloei my asem
op die melodie van die wind
wanneer my glimlag
saam met die bloeisels bot
versprei my liefdesgeur
deur elke seisoen
en vind my sensuele vrouwees
sy ware betekenis
saam met die eerste somerreën
ek is ‘n vier seisoene vrou
wie se liefde Brunsfelsia dieselfde sal bly
en lê my ware skoonheid
in die diepte van my hart
ewig t-y-d-l-o-o-s, ek is eg vrou

©Jessica Venter
10/10/2018
*Brunsfelsia is ‘n blom wat ek dink elkeen baie goed ken en wat bekend staan as “yesterday, today and tomorrow”
* Interteks uit “Boontoe/ Naar boven” Bundel – Eybers E. – Die vrou

*Gian Groen vir die ontlening van sy gedink getiteld “Vier seisoene kind”




2 Kommentare

  • Eduard Smith

    Dit is 'n pragtige vers. Ek hou van hoe jy Brunsfelsia aanwend as 'n gedagte en nie net 'n naam van 'n plant nie. Regtig mooi geskryf. Ek stel voor jy gee net erkenning aan Gian Groen ook vir die ontlening van sy "Vier seisoene kind". Dit titel is darem baie na aan syne?

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak