Droomspore
deur die kneusing
van ‘n gewonde droom
was jou stem die lullaby
wat my kon tula
teen die skeuring
van die wegholwind
die wêreld lê verdwaald
in die leegheid van my woorde
en my trane word
ontvlugtingsbrûe
op papier
tog word drome hergebore
(al loop spore dood)
en kry hoop nuwe ankers
in bloureënblomme
as die engel hees
met panfluitklanke
die uurglas van
gisterwinde
stroop
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.