Ja, Baas 1.: Arbeid adel
ieder woelt hier in verandering
en I just smile
afwesig
want jy moet bly wees jy’t ‘n job se moer
ek werk nog in die staatsdiens
of semi
tel takie strepie takie strepie
strepies vas in bondeltjies
teen ‘n sel se muur
want as ek weer sien
wen ek die lotto
of kry ‘n pakket
as ek weer kyk
sluit die bewaarder
al my hekke oop
© Charleine Collins 10 Desember 2018
Voorgedra deur Luan Staphorst (Framesby) by Artscape Tiener Toneelfees 2013 (2de rondte)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.