
alarm
met beurt krag gaan iemand se alarm af
elke keer wanneer die krag terugkom blêr dit
pleks dit laat weet as die krag afgaan
maar nee slegs wanneer stroom weer loop
so word ons mense gekondisioneer teen smart
elke keer wanneer iemand vermoor word
dan kom daar ‘n al kleiner wordende beriggie
een van die dae sal niemand meer berig gee
wanneer golwe onrustig rondskommel
donker wolke rollend oor die see aanstorm
weet ons daar kom ‘n hewige storm aan
is ons gou om vensters en hortjies te sluit
donker wolke van geweld met rooksuile
wat dreigend aangerol kom vir jare al
maar steeds steur min daaraan
al val daar honderde om ons
die water en die bloed weet jy mos
maar die gees is nie in almal meer
gulsige barbarisme ry op die golf
verteer en wek waansinnigheid
dit weet ek van altyd af
Hy sal vir my sorg
ek moet net glo
en gereed wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.