GISTER SE BOER
GISTER SE BOER
Gister draai die ou windpomp
sy oë kyk om en om
skreeu die ratte in sy oordrom
voel die water oor sy hande kom
In die dam se koel water
staar hy diep in die troebel water
hy droom hoe hy die lande gaan voed
teen sy borskas hou hy sy plaashoed
hard gesukkel en geswoeg
het hy al die mielies geploeg
met hardwerkende stukkende hande
kyk die boer ver oor die groen lande
voel hy trots en baie goed
dit gee hom nuwe moed
hy vryf stadig oor sy baard
Boerdery lê diep in sy hart
© Eleen van Deventer Vorster
09/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.