
ps 91
laat middag skadus dek my duin
in strepe trek dit sonstrale weg van my
my siel sweef nog hoog oor alles wat aangaan
my toevlug veilig by Hom wat alles en almal beskerm
geen sluwe net van boosheid kan my daar aanraak
onder vlerke van Sy meeue skuil ek teen die son
geen vrees of skrik maak my meer bang nie
met my oë sien my siel hoe vyande val
want my siel sweef in Sy toevlug
en engele my op hul hande dra
Hy roep my en ek antwoord
ek wandel saam het Hom
in nood is Hy altyd by
tot aan my einde
sal Hy by wees
©Teárlach
(Ps 91)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.