boog
soos in die dae van noag
sien ek steeds die reënboog
weet dat Sy beloftes steeds staan
berge mag vergaan en heuwels wankel
maar Sy vrede rus oor al Sy kinders
so is Jesus se bloed gestort
om nuwe verbond te vestig
sodat almal wat in Hom glo sal lewe
al Sy genadige beloftes ontvang
ewige gedenkwaardige teken
van die doel van Sy koms
daarom wag ons verbly
op Sy wederkoms
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek