Wys
die ding van wys
die binneblou
van my hart vir jou wys
dis ink wat gebeur
maar dis onthou en leef wys
wat die prentjie n wysblou kleur gee
ek het lank gewonder gewik en geweeg
oor die wys van wys
as ek vir jou wys wat my oe vir my hart wys
my hart vir my oe wys
my kop my hand wys
laat die ink op skerm of papier wys
die wysheid van wys
wonder altyd wat my wys vir jou wys
en of wys wys wys
ek moet beslis byvoeg ek
hou van jou wys
en van hoe jy vir my jou wys wys
©inblueink 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.