Jongste aktiwiteit:

Die Keiser se nuwe klere

Die keiser se nuwe klere

Die keiser se nuwe klere
spesiaal deur die Guptas verskaf
laat die rand swaar tuimel
in die afgrond af.

Die wêreld skree: Rommelstatus!
Suid-Afrika stotter en bloos
die keiser pronk steeds vrolik
ten midde van ‘n nasie broos.

Cyril laat ‘n nuwe era verrys
veroordeel en verwens die Gupta-ontwerpte vere
maar die oomblik raak gou verlore
in die superses se robotmandaat.

Gaan die kale keiser waaragtig steeds die septer swaai
of gaan hy (die kale keiser), voor donderdag se “SONA” waai?

Elna Kruger 2017
Kopiereg

*** Keiser se nuwe klere gebruik as metafoor – na aanleiding van die ou bekende verhaal.
*** Robotmandaat – die ANC se top ses moet die besluite aangaande die president neem.
*** 2017 geskryf voor Ramaphosa oorgeneem het as president




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed