Ma
Die sigaret hang skeef aan die binnehoek van jou mond.
Jy lag en draai jou gehoorstukkie ‘n aks hoër op.
Ek speel saggies met jou sout en peper hare,
die krulle wip wip in die wind.
***
Ma, my hart verlang in skerwe vandag.
Stukkend, gebroke, skerp stukkies onthou
wat diep sny en wonde los wat plek plek
my wit rok rooi vlek.
My siel smag na jou liefde
jou omgee sonder woorde,
jou saggies toevou beskermening
teen die winter se kou.
Ek trap die kooltjie tot niks,
verwoes dit met een draai van my skoen
Ma, wens ek kon nog een keer my kop teen jou skouer rus
terwyl jou engel stem my saggies in soete slaap kan sus.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.