Afrikaans
Dit skroei in my ‘n diggenot
en n ver vrysprekende verbeelding,
om met swartpen op dor papier
maatlose verskuns te skryf.
Ja, skryf nie buite nie – binne
binne die wondermag en woordtoor
van my moedertaal: Afrikaans
binne is beletter deur jongbloedletters,
binne geskryf die kraakvars woorde.
binne, Afrikaans se magspreukende brul,
word die lesende publiek liefkoostig ontwil.
Verwysing T.T Cloete; In Skryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.