My Laaste Dans (Opgedra aan Pappie)
trane kom lê in my oë
want skielik kom lê dit diep
‘n herrinnering soveel jare terug
‘n droom wat my hele lewe sal by bly
dit kom lê voor my soos daglig by nag
en ek beleef dit na soveel jare weer
die bed wat induik terwyl ek daar lê
‘n hand wat uitreik na my en ek vat dit
ek word uit my bed uitgetrek
ek beleef die liefde van saamwees tye
sy gesin was sy alles, sy deernis tasbaar
en hy dans met my net daar by my bed
my laaste dans saam met pappie
so intens en ek weet vergifnis is groot
drie dae daarvoor het ons hom gegroet
met my hand in sy hand yskoud
die slaap was diep tussen vier wit mure
ek het die kamer ingetree lê hy daar
en ‘n week terug se gebeure speel voor my af
mammie roep my nader, sy oë gesluit
die lewe is besig om uit hom te tap
ek vat sy hand yskoud en soen sy voorkop
prewel saggies ek is lief vir pappie
flikkerend maak hy sy oë oop
weet pappie het net vir my gewag
ek lê my wang teen sy wang
terwyl trane my wese oorrompel
en stil blaas hy sy laaste asem uit.
drie dae later kom groet hy my
behoorlik met ons laaste dans
saam beleef ons jare se liefde
eindig in ‘n drukkie vir ewig in my hart
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.