Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua
het die son skaam in oker
oor bergkranse gebloos
terwyl wegkruipskadu’s
pendule in apostelgelid
onder die wind se
penniefluitklanke
van gisterdinge
© Anzé Bezuidenhout
https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
3 Kommentare
-

morne du preez
"penniefluitklanke van gisterdinge" lief vir daai einde van jou gedig laat mens so dink aan 'n stil winderige dag maar amper so 'n ligtewindjie wat net mooi oor die blomvelde dans en die lang gras ritzel terwyl mens in stilte vasgevang stom staar,so asof jy die toekoms en verlede in een oomblik ontvang.
-

Riaan Palmer
Ek beny julle wat met 35 woorde 'n pragtige prentjie kan teken! Dit sou my seker 500 woorde gekos het om presies dieselfde te sê... ;-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Pragtige klanke!