Jongste aktiwiteit:

Uit die bloute

(goud)

Teen die einde van die lente
het die wind noordwes gedraai
en donker wolke van die see af
oor die Boland ingewaai.

Die dag het vreemd en koud gevoel;
die grond was klam van reën.
En as Novembermaand ’n vrou was
sou sy oor dié verlore sonskyndag
’n ballade uit kon ween.

Want, hoe ampersomer skielik winter
sal sy nimmer kan verstaan nie

ook nie hoe die mooiste liefde
(in die laatheid van die lente)
so abrup
tot niet kon gaan nie.

© Carma Shaw
6 November 2019
19:02




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed