Kamer Skoonmaak
soeke na kennis
is kamer verlaat
na die buite kleinhuisies
die weg is wawyd oop
dié pad terug is verlore.
studente draf
deur hoë deure
luister na warboel sprekers
in helder lesing sale
met teenstrydige geskrifte as bewyse.
doolhof gange
in deurskynende wit
met baie kamers
maar altyd dieselfde bed
is dié universiteit.
skoonmaker gedagtes
gevestig in kindertyd
die ongeskoolde arbeid
hou die waarheid sluitels
om kennis te besweer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.