DIE DORRE KAROO
WONDER VAN DIE KAROO
Die aarde is in blom
grashalms swaai wuifend
ge-ets teen die skemer
golf na golf kom aangerol
waar vlinders fladder
Die mooiste mooi in dalende dag
omsoom die hemelruim
soos ‘n meester wat skilder
met taferele van rooi en blou
Maar seisoene kom en gaan
wye vlaktes verander
aarde word dor en droog
Korhaan se skree weergalm
oor die kleurlose Karoo
weg is die blom en kleur
gras is geknak en droog
warrelwinde tuimel voort
speel met rolbosse wat tol
Oë is gerig op die hemelruim
Red ons o Heer
afwagtend smekend
knielend’
‘n boer wat bid
Red ons o Heer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek