Jongste aktiwiteit:

Wens

My skone biesiepol
met die mooi gesig, steenpuisievry

wees vir ‘n slag ‘n lyfwringer
en langasemdans saam my
deur die Paarl Vallei

of kom ons wees smoelers
onder ‘n tamatiepruimboom
en sing ‘n samesynlied
‘wyl reënwolke haelkorrels
soos kiepiemielies skiet

kom ons verloor ons ontelbare male
in ‘n droom
waar ek en jy:
op die rûens van bruinbontperde sit
en bruilofsfees geniet

vir daardie oomblik
sal ek met fotografiese geheue bid

(Brons)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed