Gat Gety
sekondes sekondeer sekerheid
van tyd tye en tuie
gulsige suip teue wat
mistig teer op die donker
van onsekere tuimelvalle van bestaan
mistrane uit misvormde misverstande
versuip in die valse sproei van wit
ongekend in die diepte van spyt
stoei kragdadig dom teen golwende lig
onstuimig in mislukte depressie
stuit die kookpot van wanhoop
grypswem na die gety van lig
borsslag vryslag suipslag
‘n swem is ‘n wen
en die donderende water laat jou skater
rustig raak die water
dieper in die gety van lig
soet die beloftes van lewe
sout bly sout
en probeer is die beste geweer
© Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.