Jongste aktiwiteit:

Gister en nou (Brons)

Verborge in my doolhof
se nou-nouer gange,
verdwaal ek in my emosie,
verwens ek my verlange

wat geanker lê in jare
se onthou van bitterseer
toe hartsverweer se trane
my lewe sou beheer.

As oujaar sy gedagtes
oor my herninneringe waai
en die prentjies van verlede
in my verstand rondblaai

grou hartseer hom in my los
en vorm ‘n seerknopkeel
waar ek amper-amper
beter tye as nou wil verbeel,

maar dan kom die onthou
van nagte bitter koud,
van honger en verdriet
en wonde gevul met sout.

Dis dan wanneer ek die trane
met blydskap verdryf
en met ‘n lied in my hart
my nou bestaan en toekoms toe juig.
Paula Paxton©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed