Volkome eensgesind
O oordrewe mooi soetlief,
‘n seisoen sonder palreëns
ons op ‘n salige somervakansie
hiér by ons rooi-geverfde strandhuisie
lê die klipperige vlakte uitgestrek
na die skuimgolwende oseaan
met rotse wat opkrummel soos
dwarsmure in stroombeddens
jy my melbraperske pronk geblomde neteldoeke;
vlinderrokke vinjet tot oor jou pienk voete
en elke keer as jy
met ‘n vriendelike toelag
in jou opflikkerende oë
vonkelkyk na my
skyn die maan blinker bo die seespieël
– jy my spoetnikmeisie is self ‘n kunsmaan.
© Zebulon Kochk
Zebbiekaans_Gedigte
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek