As ek kon kies
het ek vanaand die bankie uitgekies
met die blou wolke om my gevou
met Jesus aan my sy reg langs my
met die stille atmosfeer om ons
langs water wat saggies troebel
in ons ore terwyl ons stil wees
in mekaar se samesyn sal wees
vandag is my vriendin begrawe
en bid ek vanaand vir ‘n dogter
van nog ‘n nabye vriendin
Here in U hande plaas ek so baie
gevoelens wat in my hart afspeel
Here as ek maar net kon kies
het ek al die eer nou aan God gegee
vir pyne en seer in soveel jare
want wat ek beleef het
sien ek nou beleef van my vriende
Here bid ek vanaand in hierdie gedig
Here vat elkeen se hande
vul hul met die blou van U hemele
laat die son ook vir hulle deurbreek
soos wat dit vir my deurgebreek het
daar waar U lig oor hul sal skyn
daar waar U hul oplig en nader trek aan U
daar waar die lewe stukkies vir stukkies
deurbreek in die pyn van hul gedagtes
soos grassaadjies uitskiet en vreugde bring
Here ons tyd is nie U tyd nie
maar ek weet dat U tyd beslis
die regte en versekerde tyd sal wees
Heer ek bid nou
dat soos die sneeuvlokkies
sag neerval op die aarde
dat engele na hul uitgestuur
sal word vir U Goddelike aanraking
en genesing van vrede bring oor hul
As ek kon kies vir hul o, Heer
het ek U mantel aangeraak
sodat U genade deur my kon vloei na hul
wat die smaad dra van ander
in seerkry en lyding wat diep lê
terwyl hul trane saggies vloei in die nag
Maar nou kies ek U o, Heer
en Eer ek God vir intree so groot
dankie Jesus, Seun van God
deur die Heilige Gees verstaan U
my rede groot aan U gerig
@Louisa van Vliet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.