Windpomp Lewe
Vas geanker op pilare
platvorm vir kop en stert
twaalf voet rotor ses voet stert
roerende ratkas helder water
Waar lê jou anker mensekind
het jy ‘n platvorm vir kop en stert
nie eers ses voet lank en sonder stert
dansende juigende mens van selfvermaak
Rotor en lem beur, wind gedrewe
rammelende ratte suig koper silinderklep
stert rig spil in die rigting van die wind
rem aanstons vasgedraai taak voltooi
Hoe beur jy deur die dag wat dryf jou voort
hoe pas jou lewensratte inmekaar
ken jy die spil waarom jou lewe draai
wanneer gaan jy rem aandraai
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.