Narsistiese doodsangel Silwer
my siel bloedspoor
onder jou snydende tong
woorde kerf diep spore
laat rou wonde
wat sweer en etterdrup
onder ‘n volmaakte vel
niemand sien dit raak nie
my trane is ‘n droë rivierloop
– sonder koers –
woordlawa vloei uit my mond
vuurletters gespoeg op wit papier
in die rooi hel daarvan
skreeu ek stom
HELP MY!
my hart verstok
jy messel mure
hoër as die son
sodat die donker
my menswees opslurp
om my – semelpop –
eenkant alleen uit te spu
Amanda De Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek