Rasperspore
deur ontelbare spasies
lê die rasperspoor van onthou
tussen geraamte stasies
wat stil in gedagtes
oopvou
kniediep deur lawa-vure gekruip
wat jou kool-verskroei
tot daar waar jy versuip
en voel jy kan nie meer
bloei
bitter, sout en pekel dae
waar jy soos Lot’s vrou versteen
onder koue woordslae
wat sny tot op die
been
dan in oomblikke heilig gewy
tot by waters waar rus is heen
met jou rustig aan my sy
word ons rasperspore
een
© Anzé Bezuidenhout
8 Kommentare
-
-

Janetta-Helena Boonzaaier
Na alles---word ons rasperspore een--- wat 'n mooi versoenende einde!
-

Amaspoke
Die gedig raak aan my hart!!!
-

Arnold
Dankie vir die deel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Anze dit is pragtig