Jongste aktiwiteit:

Kortverhaalskrywers! Luister asseblief

Beste INKers

As jy daarvan hou om jou stem in kortverhale te laat geld, wil ek jou uitnooi om asseblief tyd uit te koop en na die skakel te luister. Dit is Daneel van der Walt wat Hendie Grobbelaar se kortverhaal, “Die rooi tekkies” voorlees. Dit is voorwaar ‘n fees om daarna te luister en op die koop toe kan jy ook tegnieke leer om jou met toekomstige verhale te help.
Let gerus op hoe die skrywer sekere afleidings oorlaat aan die leser (gehoor) om eie afleidings te maak. Die dialoog daarin is natuurlik, terwyl die skrywer klein “bystories” gebruik om die hele verhaal saam te bind.

Hierdie verhaal is wat my betref ‘n sprankelende voorbeeld van hoe ‘n suksesvolle kortverhaal kan klink.
Koop gerus die tyd uit.
Skrywersgroete
IM




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed