Poort van die heuningbye – Hoofstuk 8
Poort van die Heuning Bye (8)
Die hoeke van die kombuis is vol donker skaduwees. Die hout stoof se vlamme is sag en geel, die
koper water tenk is blink gevryf. Tilda laat haar oẽ gaan in die rondte, wat hou die toekoms vir
hulle in? Hierdie oorlog is nie van die Noord Kaap nie? Waarom is dit vir haar Vader so
noodsaaklik om te gaan veg? dink hy dan nie verder nie, wat gebeur as hy sterf op die slagveld? Sy
kyk na hom waar hy sit aan die hoof van die wit geskropte kombuis tafel met die familie Bybel
langs hom. Haar Moeder is besig om die borde vol melk kluitjies vir die aand ete te skep en vir
elkeen is daar ‘n groot beker bies want die Wit bont Fries koei het die oggend gekalf.
Haar Vader slaan die Bybel oop, hy begin lees uit. Jeremia 51 vers 34 tot 46 dan slaan hy die
Bybel dig, kom laat ons bid voor ete. Here sege deze spijzen laat wij nimmer u vergeten, Amen
.
Jaar na Jaar bid hy dieselfde woorde sy dink dat die Here sy gebed hoor want hulle het nog nooit
honger of dors gaan slaap nie.
“Vader, ek wil weet waarmee gaan Kruger veg? Hy is nie toegerus met gewere soos die
Engelse nie?”
“Tilda, Kruger het ‘n miljoen pond Goud aangewend en lank reeds voorsorg getref vir hierdie
moontlike geveg. Hy het Mausers gewere, Veld Kanonne van Krupp in Duitsland gekoop,
Creusots van Frankryk, en self Engelse Pom Poms, een Ponders van Engeland, hy wis dat die
samesprekings na die Jameson Inval in Engeland net wind was en nou dat die gesprekke van Milner
ook op niks gaan uitloop nie laat dit hom met geen vertroue in Milner nie, want Milner weier om
skade vergoeding te betaal na die Jameson Inval. Hy staan in vir die Koningin van Engeland Haar
Hoogheid Victoria, haar vriende noem haar “Drina” en Sy wil alles hê wat hier onder ons aarde is
. Ons het oor berge getrek en die Vrystaat en Transvaal skoon gemaak, verwesters, nou wil
Engeland die oes ophaal”
Haar Ma vra; “Tilda, gaan haal die kers in die wit blaker op die kassie in die gaste kamer, hier
in die kombuis is dit nou vreeslik donker miskien het die lantern nie genoeg paraffien in nie, Paul
ek dink dat die pit meer opgedraai moet word.”
Die aandete verder geskied in stilte, elkeen is besig met sy eie gedagtes vir wat voorlê. Lenie
dink aan die vragte beskuit en droë wors wat sy steeds sal moet in voorraad aanhou indien enige
boere vegters so ver kom en op soek is na kos. Paul dink daaraan om sommer die volgende dag sy
saalsakke te pak met biltong en beskuit sowel as die allernodigste gebruik artikels en ook toesien
dat Floors dieselfde doen om sy saalsakke te pak, en hulle moet ook die lope van die gewere skoon
maak.
Oom Kobus kug en spreek haar vader aan; “Paul, ons moet môre oggend vroeg begin om al die
nodige meubels uit die huis na onder te stuur met die kabel, oormôre moet ons die beeste, perde en
donkies, die vyftien myl neem tot by die oorgang na die sendingstasie en dan van daar die berg af
tot in die vallei. Ons sal moet roer want as Kruger geen ooreenkoms kry in Bloemfontein nie
verklaar hy dadelik oorlog. Die kommando’s is al in gereedheid.”
“Kobus, wat van my hoenders en varke die kan nie hier bo op die berg bly nie?”
“Lenie maak jou geen sorge nie ek het alles onder beheer en jou varke gaan in sakke kabel
ry…ha…ha…en die hoenders en katte ook! maar alles gaan na onder. Wanneer Paul en Floors by
die kommando’s aansluit moet jy en Tilda net met twee donkies’ die poort in stap na benede.”
Die daarop volgende week word alles verwyder en in die aande is almal doodmoeg en gaan
vroeg slaap
‘
Die aller nodigste meubels bly in die huis die ander stukke is in die kelder geplaas en wanneer
haar Vader en Floors vertrek sal hulle die laaste meubels verwyder die huis afsluit en na Oom
Kobus se Swaweltjie nes onder langs die rivier gaan, daar sal hulle veilig bly tot dat die Oorlog uit
gewoed is tussen Brit en Afrikaner.
“Lenie,”Ja Paul, wat is dit?”
“Dit is mos Hans De Waal die Veld kornet wie hier aan gery kom? hy bring seker nuus oor die
samesprekinge tussen Kruger en Milner, maak maar koffie so lank”
Hans De Waal maak sy perd vas aan die dwarsbalk onder die groot Peperboom. Hy haal sy
hoed af en kom aan gestap na die agterdeur niemand praat nie, skielik is daar ‘n drukkende gevoel
in die lug soos voor ‘n donder storm.
.
“Middag Neef Paul, Niggie Lenie, en natuurlik jy ook Kobus, en wrintig is Tilda ook tuis”
“Kom drink koffie Oom Hans”
“Sekerlik Tilda”`
Almal gaan sit om die kombuis tafel. Lenie begin koffie skink, Hans maak sy keel skoon ʼn paar
keer en dan kom die gevreesde oomblik soos ʼn wolk swart muggies uit sy mond.
`”Dit is vandag 11 Oktober1899, Kruger kon geen ooreenkoms met die arrogante Milner bereik
nie. Hy het oorlog verklaar en ons moet vanaand vertrek om by die Kimberley Kommando aan te
sluit, is julle gereed?”
`
“Meer as gereed neef Hans, na die koffie en ete kan ons in die pad val”
Almal staan voor die agterdeur om die drie manne agterna te kyk op die perde. Die opgerolle
komberse vasgebind aan die saal, haar Vader regop, die houding op sy perd dwing respek af. Langs
hom haar broer Floors net soos haar Vader regop. Die jong man laat sy jeug by hulle agter. Die
perde se flanke blink van gesondheid. Tilda sien hoe dat die been spiere van die perde soos ronde
rollende branders in die see trek oor die agterbene. Hulle staar die manne agterna totdat daar geen
enkele stoffie meer sigbaar is nie net die angs bly agter, en die vraag is dit miskien die permanente
afskeid gewees?
Die tweede Vryheid oorlog het begin, wat gaan die uiteinde wees?
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.