Poort van die heuningbye – Hoofstuk 12
Poort van die Heuning Bye(H12)
Die hoenderhaan kraai buite met oorgawe, in die stilte van die vallei gooi die ego
die klank terug. Brain word wakker van die eerste oggend geluide, hy kyk om
hom heen, iets wat deur mekaar
Hy besef nie waar hy homself bevind nie, dan word alles helder, hy sak terug op
die kussing. Oom Kobus se bed is leeg en die tyd op sy polshorlosie is net na
vyf uur. Hy wil nog slaap vir altyd slaap in die rustige omgewing en die Oorlog
weg dink hy draai nog ʼn keer om en slaap verder.
In die kombuis is Lenie besig om die ontbyt tafel te dek. Kobus is buite
besig met die versorging van die diere sodra die Engelsman opgestaan het sal
hulle ontbyt nuttig.
Brain word wakker, hy staan op en gaan na die badskamer. Hy merk dat
sy vuil klere nie meer in die wasmandjie is nie en hy skeer homself en klee hom
in die klere van Oom Kobus dan stap hy na die kombuis.
“Good morning Mr. Mrs. Brink”, “Goeie More Brain” Lenie trek die stoel uit
en verduidelik dat hy moet aansit. Vanaf die stoof haal sy ʼn pan met heerlike
gebakte wors, en eiers, sy plaas dit in die middel van die tafel, die vars gebakte
oondkoeke is reeds op tafel, en die kan met gekookte rooibos tee neem sy en
skink die koppies vol. Sy neem self plaas aan tafel maar daar is geen teken van
Tilda nie, Brain wonder waar is sy? Hy beduie met sy hande “Waar is Tilda”
Kobus beduie dat sy reeds na die byneste is.
Na ontbyt beduie Kobus dat hy moet help met versorging van die perd se
poot. Brain is bly want die ontsteking is sigbaar reeds beter. Na die versorging
moet hy Kobus volg na die Tabak plantasie en die vrugte boord. Hy word gewys
hoedat hy die vrugte boord moet nat lei van uit die opgaar dam, Kobus self gaan
werk in die Tabak plantasie.
Brain kyk om homself rond as hierdie plaas van hom moet wees, sal hy as
Siviele Ingenieur eerste die voetpad na benede verbreed sodat voertuie dit kan
gebruik ook die voetpad aan die ander kant van die rivier die sigbaar is vanaf die
tuin. Hy wonder waar gaan die voetpad heen dit is breër as die een vanaf die
groot huis op die rant.
Teen etensuur kom Tilda aangestap met ʼn mandjie ete. Sy roep na Kobus
en Kobus roep weer na hom. Onder die groot Peer boom staan ʼn ou hout tafel
met stoele, sy gooi ʼn doek oor die tafel en sit emalje bekers neer met ʼn fles
gekookte melk en snye brood met koue vleis. Brain was sy hande in die water-
voor sowel as sy gesig waaroor die sweet soos leiwater uit die kanaal loop.
Sy arms voel seer, hy kan homself nie herinner wanneer hy laas hande arbeid
verrig het nie selfs sy rug begin pyn.
Hy gaan sit aan die tafel met Oom Kobus. Tilda gaan wandel tussen die
vrugte bome Brain merk dat sy nie met hom wil kommunikeer nie, sy vermy die
oomblik wanneer dit nodig mag wees.
Brain is doodmoeg van die harde werk hy was sy hande en gaan aan die
tafel sit. Lenie het ʼn heerlike pot sop en verse brood daarby, vir hom ʼn koninglike
maaltyd. Oom Kobus teken iets op papier en oorhandig dit aan hom, ʼn tekening
van ʼn brandende plaas woning met dooie diere en vrouens agter drade. Hy vra
of Brain dit met hulle gaan doen?
Hy skaam hom vir die gedagte alleen en beduie dat hy nooit enige kennis
sal deurgee aan die Engelse nie. Die antwoord maak die gesin rustig. Na ete
gaan hy na die slaap kamer. Tot sy groot verbasing lê sy uniform netjies skoon
op die bed uitgestal.
Terwyl die perd se poot herstel help Brain orals waar hy kan,
en elke dag word sy verlange groter in hom om die sproete oor Tilda se neus te
tel en met sy vingers oor haar bo-lip te streel waar die uitdagende sproetjies is.
Dit is die aand van die vierde dag die perd se poot is genees en Kobus
het reeds nuwe perdeskoene aangesit. Lenie gaan gee die hoenders kos en
Oom Kobus het gaan melk. Tilda sit en brei op die voorstoep. Brain leun teen die
pilaar hy staar oor die vallei en gesels in Engels, steeds kyk hy na Tilda maar sy
brei gewoon voort asof sy niks kan verstaan nie.
“ Tilda ek wens dat jy my kan verstaan want ek wil jou vertel van wat
Kitchener doen. Hy laat die plase afbrand en jaag die vrouens en kinders soos
vee voor die soldate uit dan moet hulle in ʼn konsentrasie kamp gaan op ʼn
Godsverlate stuk aarde. Hierdie aksie gaan hy die Boere mag dwing op die wit
vlag op te steek. Hy het geen gevoel vir die sterwe van vrouens en kinders nie
en die Geneva konvensie bestaan nie by hom nie . Die Boere sal een of ander
tyd moet kapituleer want daar gaan geen plase wees nie ook geen families.nie
Hierdie paar dae was vir my die “Hemel op Aarde” en my hande juk om jou
sproete aan te raak”
Tilda wil uitbars van die lag maar verroer geen spier in haar gesig nie.
Hy is aantreklik moet sy erken maar hierdie vyf dae is net ʼn lewens tussen pouse
en sy sal hom hierna nooit weer sien nie dan is hy ook nog ʼn offisier aan die
vyand se kant, haar sproete sal sy nie so laat aanraak nie.
Almal is voordag op om te ontbyt want Brain moet vertrek. Oom Kobus
het ʼn roete vir hom uit geteken en Tilda sal hom vergesel tot aan die oorkant van
die rivier, sy gaan die heuning neem na die sendingstasie.
Tilda neem die emmers met deurgeloopte heuning. Ook die emmer
met byewas vir die maak van kerse, sy moet twee donkies gebruik, want sy het
ook verpakte vars eiers en rolle pruim tabak wat sy mee moet neem.
Tilda is weer geklee in die ou klere van Floors en op die laaste
moment gee Lenie nog padkos aan Brain. Dit is met ʼn hartseer gevoel dat Brain
afskeid neem van die wonderlike mense. Hy hou sy vinger voor sy mond in ʼn “
“Stilbly”teken, geen woord aan die Engelse van hom nie.
Tilda loop voor met die twee donkies, Brain lei die perd agterna
.
Hulle loop al langs die rivier op totdat hulle die oorgang opgevul met klippe
bereik. Tilda steek die rivier oor met die donkies en hy volg, die voetpad na die
plato bo is erg steil en die perd loop rustig agter die donkies aan.
Wanneer hulle die plato bereik, verkyk Brain hom aan die pragtige
omgewing. Tilda stop die donkies en wys na welke kant hy moet gaan sy knik
met haar hoof en draai die sandpad op met die donkies sy kyk nie om nie.
Brain besluit hy gaan vir oulaas haar groet “I will return one day and
will kiss every freckle on your face Tilda Brink”, sy stem vloei oor die rustige
omgewing, dan draai sy om “Brain Mc Clacghlan you will only have such a
priviledge if you can speak my language fluently”. Sy draai terug en wandel aan.
Brain ruk die perd in die bek, in ongeloof “SY PRAAT PERFEK
ENGELS” en sekerlik ook die huis mense, maar hy sal, en hy wil en niemand
gaan hom keer nie, Die Afrikaanse taal aanleer.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.