Jongste aktiwiteit:

Opstaan, die son is al uit!

Opstaan, die son is al uit!

‘n Wyse regter moet ‘n saak tussen twee mans aanhoor. Die regter laat die aanklaer eerste praat:
“Ek glo daar is meer as een god en dat dié beskuldigde arrogant is om te sê daar is net een God. Verder glo ek dat daar sekere dinge in meer as een kleur geskryf kan word en die beskuldigde is arrogant om te sê dat dieselfde sekere dinge net in die een kleur, swart, geskryf moet word. Ek sluit af met hierdie boek in my hand — hierin staan daar, in verskeie kleure, dat daar meer as een god is. Die beskuldigde moet verbrand word vir sy arrogansie.”
Die aanklaer het klaar gepraat en dit is die beskuldigde se beurt. Hy sê nie ‘n woord nie en hou sý boek omhoog. Die regter draai terug na die aanklaer en lewer sy uitspraak:
“As die straf vir arrogansie dan ‘n vuurdood is, word jy tot vuurdood gevonnis.”

©VonVillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed