Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Opstaan, die son is al uit!

Deur Von Villon
Datum gepubliseer: 18 November 2022 Aantal woorde: 160 56 Kere gelees 2

Opstaan, die son is al uit!

‘n Wyse regter moet ‘n saak tussen twee mans aanhoor. Die regter laat die aanklaer eerste praat:
“Ek glo daar is meer as een god en dat dié beskuldigde arrogant is om te sê daar is net een God. Verder glo ek dat daar sekere dinge in meer as een kleur geskryf kan word en die beskuldigde is arrogant om te sê dat dieselfde sekere dinge net in die een kleur, swart, geskryf moet word. Ek sluit af met hierdie boek in my hand — hierin staan daar, in verskeie kleure, dat daar meer as een god is. Die beskuldigde moet verbrand word vir sy arrogansie.”
Die aanklaer het klaar gepraat en dit is die beskuldigde se beurt. Hy sê nie ‘n woord nie en hou sý boek omhoog. Die regter draai terug na die aanklaer en lewer sy uitspraak:
“As die straf vir arrogansie dan ‘n vuurdood is, word jy tot vuurdood gevonnis.”

©VonVillon




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    22 November 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 47
Kommentaar telling: 6

ons het ander lief soos onsself; 'n leegte waar selfliefde moet wees laat ons liefde leeg vir ander ©VonVillon

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 143 gaste aanlyn

Bydraes – Argief