Sal jy …
sal jy na my kom soek
as daar in ons huis
net stilte woon
as mure net stil kan staar
na daar waar eens ‘n
asem was
sal jy na my kom soek
as die son verdwyn
oor Westerkim
en die maan sy
laaste strale gooi
sal jy my kom soek
as my naam uit sterrebrug
so stil-stil verdwyn
herkenning moeg
my brein verlaat
sal jy my kom soek
as wrede monsters kom,
my na niemandsland
wreed wegvoer
sal jy …
© Anzè Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van die beelde wat jy gebruik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
mens wonder soms wat gaan deur die gemoed van n bejaarde as lewensmaat van al die jare wegval