Kleurvol
(Brons)
Kleurvolle Mei
Mooiste Mei ek kyk hoe die somerson verby gly
dis ń nuwe seisoen wat my hart verbly
al hang daar druppels dou aan my ruit
ek verbly my, die seisoen is God se besluit
Ek luister na die fluistering van herfswind
goue grassade moet ook buig in die wind
langs die stofpad dis waar jy my sal vind
kosmosblomme wil ek vir jou in strikke bind
Blare bruin val na benede oor my daaglikse roete
elke dag sal ek huppel waar blare waai oor my voete
dis ń plek waar ek vry kan asemhaal
hier kan my siel in die stilte neerdaal
Die wolke pronk in oranje kleureprag
ek hou vas aan die bekooring van hierdie dag
hier waar ek op die grondpad kniel
weet ek die landskap sal nooit verniel
(c) Emsa Haabroek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek